Welkom, almal
Gaste arriveer en neem hul sitplekke in. Wees asseblief teen 14:50 in die kapel.
Hoe lekker is dit nie om jou hier te hê nie!
Kom wees deel van ons groot dag.


Andante Country Wedding
& Events Venue
46 Draaifontein Road, Uitenhage Farms
Gqeberha, 6018
Die seremonie en onthaal vind albei hier plaas.
Arriveer vanaf 14:30 en neem asseblief
teen 14:50 jou sitplek in die kapel in.
Gaste arriveer en neem hul sitplekke in. Wees asseblief teen 14:50 in die kapel.
Die rede hoekom almal hier is!
Geniet die harvest-tafel en speletjies terwyl ons foto’s neem.
Laat die groot feesvieringe begin!
’n Laaste kuier by die kroeg. Teen 23:45 is almal op pad huis toe.
Trek jou mooi moois aan!

Die liefde begin blom.
Die liefde oorleef die lang afstand.
Die liefde oorwin die afstand.
Die liefde word ’n vir-altyd-liefde.
Ons roei nou saam die liefdesbootjie.
Om saam met jou ons groot dag te vier, is genoeg. Indien jy egter vir ons iets sou wou gee, sal ’n geldelike bydrae om ons nuwe lewe saam te begin, opreg waardeer word.

’n Paar vrae voor ons groot dag.
RSVP asseblief teen 28 Februarie 2027.
Ons wil graag ons troue intiem en persoonlik hou; dus is die uitnodigings net vir diegene wie se name op die uitnodiging verskyn. Ons waardeer jul samewerking.
Die feesvieringe is slegs vir volwassenes. Maak dit ’n kindervrye kuier en ’n romantiese aand saam met jou metgesel!
Alle feesvieringe word by Andante Country Wedding & Events Venue gehou, by 46 Draaifontein Road, Uitenhage Farms, Gqeberha. Kry aanwysings
Trek jou mooi moois aan! Die kleredrag is semi-formeel.
Begin asseblief vanaf 14:30 arriveer en wees teen 14:50 in die kapel. Die seremonie begin om 15:00.
’n Kontantkroeg is ná die seremonie beskikbaar. Kaartfasiliteite is ook beskikbaar.
Ongelukkig moet alle goeie dinge ook tot ’n einde kom. Die kroeg kan tot en met 23:00 besoek word en teen 23:45 is almal op pad huis toe.
Laat weet asseblief teen 28 Februarie 2027.
Ons kan nie wag om ons groot dag met jou te deel nie.
